KERRIE –EIERS:
.by Leer Kook Met Jou Mikrogolf on Friday, June 17, 2011 at 12:02pm.
8 Porsies
30 g botter
1 ui, gekap
1 klein Granny Smithappel, geskil, ontkern en grofgerasper
25 ml kerriepoeier
30 ml koekmeel
500 ml hoenderaftreksel
15 ml bladjang
10 ml bruinsuiker
10 ml suurlemoensap
Sout en peper na smaak
30 ml sultanas
8 hardgekookte eiers, gehalveer
Mikrogolf botter, ui en appel vir 3 minute op volle krag.
Roer die kerriepoeier by en mikrogolf nog ‘n minuut en roer dan die meel by.
Voeg aftreksel geleidelik by en roer goed.
Mikrogolf 4 – 5 minute op volle krag tot sous begin verdik, roer 2 maal gedurende die proses.
Voeg die bladjang, suiker, suurlemoensap, sout en sultanas by.
Bedek en mikrogolf 6 minute by 70% krag [med hoog].
Bedien saam met rys.
[Skep warmrys op ‘n opdienbord in die middel, rangskik die eierhalwes langs die kante en giet dan die kerriesousmengsel bo-oor die eiers. Versier met suurlemoen- takkies en skyfies vir ‘n elegante ete.]
HAM EN SAMPIOENE OMELET [soos 'n fritata]
.by Leer Kook Met Jou Mikrogolf on Wednesday, 05 October 2011 at 13:02.
vir 4 mense
8 medium eiers
2 gekookte wortels in blokkies gesny
50 g. vars gesnyde sampioene
100 g. gaar ham in blokkies gesny
peper en sout na smaak
1 teelepel kerriepoeier
Skei die eiergele van die wit en klits die wit met 'n elektriese menger tot stywe punte vorm.
In 'n bak meng die res van die bestanddele.
Vou die twee mengsels liggies van onder na bo in.
Giet die mengsel in die mikrogolf in 'n silikoon-koekpan of dieperige bak/deksel en bak op medium krag vir 10 minute.
Sit warm voor, in skywe gesny.
Uitstekend saam met groenslaai.