MELKKOS:
500ml melk
2 eetl (maw 50 ml) koekmeel
2 eetl margarine
bietjie sout
Klits alles goed in 'n bak en sit dan in die mikro - hou aan kook (op 100%) totdat dit styf is, MAAR jy moet dit kort-kort roer - elke 1
minuut – anders maak dit klonte.
Sodra dit dan styf is - jy sal sien dit het dan ook darem al so 'n keer of wat geborrel - dan gooi ek net lekker baie kannelsuiker in.
Roer deur en skep in bakkies - ek gooi dan sommer weer kaneelsuiker bo-oor.
Lekker eet!
SAGOMELKKOS: -[ Eileen Geldenhuys ]
100 ml (70g) sago
1L melk
30ml (25g) botter of margarien
2 eiers
75ml (40g) volkoring of gewone koekmeel
20 ml vlapoeier
2 ml sout
125 ml water
Kaneelsuiker
Metode:
Voeg die sago by 250ml van die melk in `n diep 3,5L bak.
Mikrogolf dit 2½ minute oop by 100% krag.
Roer die mengsel goed & laat dit `n rukkie staan.
Voeg die oorblywende 750ml melk & die botter of margarien by die sagomengsel.
Mikrogolf dit 15minute oop by 100% krag & roer dit na elke 5 minute.
Skei die eiers & klits die eiergele, meel, vlapoeier, sout & water saam tot gemeng.
Roer dit by die sagomengsel.
Mikrogolf dit 6 minute oop by 100% krag & roer dit ná die eerste 3 minute goed.
Klits die eierwitte tot styf & vou dit liggies by die sagomengsel in.
Sit die melkkos warm met kaneelsuiker voor.
PASTA MELKKOS:
125 g spaghetti, in korter stukkies gebreek (ek gebruik sommer macaroni)
150 ml koekmeel
5 ml sout
50 ml witsuiker
1l melk
3 ekstra groot eiers, geskei
50 ml margarien
3 ml vanieljegeursel
1 ml amandelgeursel (ek sit dit nie in nie)
Kook die spaghetti in genoeg vinnig kokende soutwater tot gaar en dreineer.
Meng die droë bestanddele en meng met 250ml koue melk. Klits die eiergele en voeg by.
Verhit die res van die melk en die botter. Voeg ‘n klein bietjie hiervan by die meelmengsel en roer dan alles by die res van die melk.
Verhit oor lae hitte tot die mengsel kook en verdik. Roer gedurig om te verseker dat die eiers nie skif op die bodem nie. Voeg die spaghetti by.
Klits die eierwitte tot dit sagte punte vorm en vou saam met die vanielje- en amandelgeursel by die gaar melkkos in.
Strooi kaneelsuiker oor en dien op in sopborde met ekstra suiker indien verkies.
Genoeg vir 4 mense
(Ek maak dit sommer in die mikrogolf – baie minder kans vir flops)
“MELKKOS” in the Microwave:
1 litre milk
180 ml cake flour
2 ml salt
15 ml butter of margarine
cinnamon sugar
Microwave milk for 10 minutes at 100% power. Mix flour and salt. Rub butter into flour mixture. Add flour mixture to hot milk. Wisk till small lumps form. Microwave for 4 minutes.
Sprinkle with cinnamon sugar.
MELKSNYSELS:
2 eiers
1 lt melk
5ml sout
125ml water [½ kop]
250ml meel [1 kop]
SO MAAK JY:
Klits eiers – voeg water, meel en sout by.
Knie tot stywe deeg.
Kook melk op HOOG vir 10 minute in diep houer.
Rol deeg baie dun uit en sny in smal repies.
Wanneer melk kook – gooi snysels versigtig daarin.
Kook oop vir 6 minute op HOOG of totdat snysels gaar is.
Geniet saam met kaneelsuiker.